In ons wêreld van vandag waar mense te bang is om aan mekaar te raak en drukkies al amper aan die uitsterf is, het ek besluit om DRUKKIES te hekel. Wanneer die DRUKKIE se arms om jou nek en die bene om jou lyf vas is, voel dit soos 'n warm drukkie vol liefde. En die drukkie kan hou solank jy wil! Ek weet sommer kinders gaan daarvan hou en dalk oumas, oupas, mammas, pappas, tannies en ooms ook! En die drukkies kan nie siek maak nie!
No comments:
Post a Comment