Vir die eerste keer in baie jare het ek weer 'n lappop gemaak en na 'n lang gesukkel met siekwees en slegvoel het ek haar so twee dae terug klaar gekry! Sy lyk tog te fraai!!! Ek geniet dit om poppe en ander speelgoed te maak maar wil nie bestellings he nie, onder geen omstandighede nie. Ek voel dat bestellings my inperk en dan ly my kreatiwiteit daaronder want ek moet dan dieselfde goed oor en oor en oor maak en doen soos ek gevra word en soms is mense baie haastig en raak hulle vies of kwaad as ek die dag siek is en nie kan werk nie! Nee, eerder wil ek op my eie tyd en teen my eie pas my goedjies maak of hekel of brei dan weet ek ek het niks afgejaag of afgeskeep nie! Hier is Jenny die lappop! Geniet dit!